Duvenage Keyser & Jonck

 

Be the first to review

Duvenage Keyser en Jonck Prokureurspraktyk in Oudtshoorn

Duvenage Keyser en Jonck is die oudste prokureurspraktyk in Oudtshoorn en is reeds in 1962 deur die wyle Hans Duvenage begin.

Vandag word die firma steeds op die boustene van integriteit, eerlikheid en etiese beginsels bedryf. Die firma beskik oor 4 bekwame en ervare prokureurs, wat insluit 2 toegelate transportbesorgers en ‘n notaris (die enigste in Oudtshoorn en Klein Karoo).

Duvenage Keyser & Jonck verskaf die volgende gespesialiseerde regsdienste:

  • Registrasie van eiendomstransporte
  • Registrasie van verbande – ons dien tans op ABSA en Nedbank se panele
  • Registrasie en onderverdeling van landbougrond
  • Opstel en registrasie van notariële kontrakte en serwitute
  • Hooggeregshof- en Landdroshof Litigasie
  • Strafsake
  • Opstel van huweliksvoorwaardekontrakte (HVK’s)
  • Egskeidings
  • Onderhoudsaangeleenthede
  • Invorderings
  • Boedelbeplanning
  • Opstel van testamente
  • Bereddering van boedels
  • Aansoek om dranklisensies
  • Derdeparty eise
  • Mediese- en ander nalatigheidseise
  • Veilings
  • Opstel van kontrakte
  • Verskaffing van algemene regsadvies

Kontak ons gerus indien u meer inligting verlang.

image