Arno Olckers Attorneys

Attorneys | Conveyancers | Notaries

Be the first to review

Olckers & Assosiate Ingelyf streef daarna om te alle tye die hoogste standaard van regsdienste aan ons kliënte te lewer. Vir ons behels dit om deeglik die agtergrond van ons kliënt in ag te neem, ‘n begrip van sy besigheid te hê en die kliënt van advies te voorsien om ‘n behoorlike ingeligte besluit te maak.

Die firma staan op drie pilare:

Die eerste twee pilare sluit in eiendomsoordragte en die administrasie van bestorwe boedels wat behartig word deur meneer Olckers.

Die derde pilaar, naamlik litigasie wat veral familiereg insluit, word hanteer deur me Annalise Erasmus, wat beskik oor ‘n Meestersgraad in Menseregte verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Ander regsdienste sluit die volgende in:

Egskeidings
Aannemings
Surrogaatskap-aansoeke
Ouerlike regte, verantwoordelikhede, beheer en toesig
Arbeidsaangeleenthede
Arbitrasie & Mediasie
Skuldinvorderings; en
Geregtelike ondersoeke

image